{"product_id":"die-bewonderaar","title":"Die Bewonderaar","description":"Jou diepste vrees is sy grootste begeerte...\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nGeen lang naels nie. Geen skoenveters nie. Dit is maar enkele van die reëls in die Molenberg-Psigiatriese hospitaal. Selfmoord is ŉ inwoner hier, en die pasiënte word as psigopate bestempel.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDominique du Randt word in Molenberg opgeneem ná haar ma se wrede moord. Niemand glo dat sy nie verantwoordelik is vir haar ma se dood nie. Niemand glo dat sy deur ŉ man agtervolg is wat homself die Bewonderaar noem nie. Haar sielkundige, Martin, het wel sy bedenkinge. Daarom dat hy sy eie speurwerk doen.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nWat Martin ontdek, is die Ophelia-klub. ’n Plek van grusame geheime, fantasieë en donker vergrype.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nWanneer een van die vroulike pasiënte in Molenberg-Psigiatriese hospitaal verdwyn, is Dominique oortuig die Bewonderaar weet presies waar sy is. Hy is, soos voorheen, weer in beheer van dié skrikwekkende spel. Maar hoe beskerm jy jouself in ’n plek soos Molenberg? Hier waar niemand jou glo en jy geen vryheid of beheer het nie?","brand":"Erla-Mari Diedericks","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":68134787776793,"sku":"9781776355082","price":99.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/1012\/7844\/9945\/files\/362963_620e5f2a339184.08015733_9781776355082.jpg?v=1793373380","url":"https:\/\/bigbadbooksale.co.za\/products\/die-bewonderaar","provider":"bigbadbooksale","version":"1.0","type":"link"}