{"product_id":"maryke-se-sprokie","title":"Maryke se Sprokie","description":"Maryke, met haar vurige geaardheid en bos rooi hare weet maar alte goed ŉ tamatiekissie word nie ŉ sitkamerstoel nie. Sy het immers in die kinderhuis grootgeword. Haar eerste liefde, Gerhard, se ma het ook geen moeite ontsien om haar daaraan te herinner nie.\r\n\r\nDie laaste ding wat sy op die vooraand van haar vertrek na Kigali nodig het, is die aantreklike dokter Leon Boshof wat haar kaarte deurmekaar krap. En haar verbied om koffie te drink! Nare ou wolf.\r\n\r\nMaryke het haar loopbaan as internasionaal erkende fotograaf met harde werk en deursettingsvermoë gevestig en sy gaan hom nie toelaat om haar van koers af te dwing nie. Maar haar vennoot by die fotografieskool, keur Leon se aansoek om in Maryke se klas te wees, goed. Sy sal die man maar moet verduur.\r\n\r\nGaandeweg kom sy agter sy geniet Leon se geselskap en sien uit daarna om tyd saam met hom te spandeer.\r\n\r\nMaar dit is net in sprokies waar die wolf sy rooikoppie betower - of dalk nie?","brand":"Tosca de Villiers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":67796114309401,"sku":"9780620865111","price":59.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/1012\/7844\/9945\/files\/344891_6117a21fcab8b2.34719393_9780620865111.jpg?v=1791943448","url":"https:\/\/bigbadbooksale.co.za\/products\/maryke-se-sprokie","provider":"bigbadbooksale","version":"1.0","type":"link"}