{"product_id":"zola","title":"Zola","description":"Gedurende 'n somber wintersoggend in Johannesburg word kaptein David Majola en adjudant Jason Basson met een van die wreedste moordtonele nog gekonfronteer: 'n Jong vrou is wreed gemartel en van 'n brug afgehang.\n\nMajola voel dis net die saak om hom te bewys na 'n vroee bevordering en Basson reken dis sy kans om te wys dat hy eerder die bevordering waardig is. Maar Majola sukkel met dwelmverslawing en skuldgevoelens oor sy ma en suster in Alexandra, en Basson weet nie of hy meer 'n speurder wil wees nie.\n\nSoos die slagoffers opstapel, word Majola se mentor - wat weens mediese redes, onder andere posttraumatiese stresversteuring, afgetree het - by die saak ingetrek. Hoekom het die moordenaar 'n nommer op elke slagoffer se rug gekrap? En hoekom word hulle so wreed gemartel en vermoor?\n\nDie spanning bereik breekpunt wanneer gerugte die ronde doen dat die moorde binne 'n rooi monstertaxi plaasvind. Dis 'n gejaag teen tyd om die moordenaar vas te trek, terwyl Majola en Basson se persoonlike duiwels hul bly teister.","brand":"Johan Jack Smith","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":68133954945305,"sku":"9781485903857","price":59.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/1012\/7844\/9945\/files\/25441_63eef6ecc0c0c1.43828811_9781485903857.jpg?v=1793370507","url":"https:\/\/bigbadbooksale.co.za\/products\/zola","provider":"bigbadbooksale","version":"1.0","type":"link"}