’n Naam is nie net ’n roepding nie. Dis ’n ding wat jóú roep. Só het oom Dahm vir Gert Saggiestrap terug lewe toe probeer bearbei. Toe reeds 14 jaar sy spoor byster in die oer-rivierlope van die ua pukiro in die Omaheke. Nes sy pa met die goeie hart en sy ma met die stukkende verlede was hy ’n boesmankind van die Nuwe Tyd waarin inkommers om en oor die boesmans kom grenspale slaan het. Vir die ellende van hierdie gestroopte bestaan was Gert nie geoormerk nie. Maar toe kom Goeie Vrydag van sy 15de jaar. Die geeste van die dode het vir die eerste keer om hom kom draal. Dié lei hom terug op ’n donker pad wat met die spore van sy oudste voorsate langs loop: na wat dit beteken om ’n boesman te wees met sand-ankers in jou herkoms en ’n hand op die hefbome van die toekoms. Gert Saggiestrap loop soek sy hart, vat sy naam en vind daarin opgesluit sy groot gawe. Die Spore van Gert Saggiestrap is ’n greep uit die hedendaagse bestaan van ’n groepie Ju/’hoansi uit die Omahekestreek, ʼn noordwestelike uithoek van die Namibiese Kalahari. Dit is ʼn sensitiewe, outentieke verhaal vol pyn, ontheemdheid en vertwyfeling maar ook triomf en diepe blydskap en hoop. Marco Botha se boek is universeel en bied ʼn uiters relevante blik op al die randeiers van ons samelewing. – Willemien le Roux, skrywer van Shadow Bird en Voices of the San
We appreciate your business and are committed to providing you with exceptional service and timely delivery. Please review the shipping information below for your order.
Order Processing Time:
Orders are usually processed within 24-48 hours after the order has been placed.
Shipping Methods:
Standard Shipping (2-5 business days)
Packaging:
Rest assured that all items will be securely and safely packaged to prevent any damage during transit. Fragile or high-value parts will be packaged with additional protective materials.
Shipping Rates:
Shipping rates vary based on the size, weight, and destination of the package. You can view the estimated shipping costs for your order during the checkout process before placing your order.
Order Tracking:
Once your order has been shipped, you will receive an email with the tracking number and carrier information. You can also track your order status by logging into your account.