Een vir een

Only 1 left
Usually ships within 24 hours
Regular price R 99.00 inc. VAT
Regular price R 280.00 -65% Sale price R 99.00 inc. VAT
Product details
  • Barcode 9780639607665
Die onderwêreld is in rep en roer. Kaptein Fritz Hartzer ondersoek die moord op taxibaas Baloyi en die Rus Slović, invloedrykes in Gauteng se georgianiseerde misdaad. Ook binne misdaadbaas Don Knox se kringe is roeringe. Is iemand besig om die grootkoppe in georganiseerde misdaad een vir een uit te haal, of is dit bloot die gevolge van hulle toenemende kompetisie met mekaar?

Fritz se aantekeninge wys op die moontlikheid dat iemand binne wetstoepassing of regeringskringe betrokke is. Wanneer Slović se vriendin binne die polisiestasie, onder sy wakende oog, vermoor word, wéét Fritz dat iemand binne eie geledere betrokke moes wees.

Fritz is nie juis bekend vir sy subtiele aanslag nie. Nou moet hy met groot versigtigheid sy ondersoek doen en boonop met kolonel Shaun Davids van Georganiseerde Misdaad saamwerk. Die druk is hoog en die tyd min. Maar is dit alles die moeite werd – veral as Fritz bykans nooit meer by die huis is om sy vrou en dogter te sien nie?