Eendagblom

Only 1 left
Usually ships within 24 hours
Regular price R 59.00 inc. VAT
Regular price R 220.00 -73% Sale price R 59.00 inc. VAT
Product details
  • Barcode 9781928518921
Die verhaal speel af in die tydperk 1998 tot 2000. Hierdie verhaal van liefde en geweld speel af teen die agtergrond van dwelmgebruik en bendegeweld. Kara de Lange het as 10-jarige die skietdood van haar broer aanskou en die emosionele trauma lei tot sowel emosionele- as huweliksprobleme. Sy en haar man, Johan, besluit dat sy 'n paar dae by haar vriendin Jackie op Montagu gaan kuier om meer perspektief te kry. Hier ontmoet sy vir Armand, 'n skrywer wat aanvanklike sukses behaal het, maar wie jare laas 'n boek uitgegee het. Die wederkerige aantrekkingskrag tussen Kara en Armand is egter gekompliseerd. Sy worstel nog met die emosionele nalatenskap van trauma terwyl hy daarenteen uiters gesteld is op sy privaatheid, leefstyl en behoefte aan 'n ongekompliseerde, geroetineerde lewe. Hy bewaar sy emosies dig binne hom. Die titel dui op die vlietende aard van sommige liefdesverhoudings, en die beduidende impak wat dit op die persoon se lewe kan he.