Kroniek Van Donkerhoek: die verhaal van 'n plaas gedurende Apartheid en daarna
Couldn't load pickup availability
- Barcode 9780928316346
- Page Count 0
Die end van die twintigste eeu het die einde gesien van wat breedweg genoem word die apartheidsbestel. Vir die Afrikanervolk was dit traumaties. Baie is landuit. Van die agtergeblewenes het skepties-gelate die nuwe bestel aanvaar en gewerk aan 'n nuwe verhouding met hul swart landgenote. Ander kon die verandering nie hanteer nie en het verbitterd oor die gewaande volksverraad en die nuwe onregte bly broei. Soos 'n sluimerende vulkaan. Die foutlyne het families, vriende en rassegroepe onheelbaar verdeel.
Die roman KRONIEK VAN DONKERHOEK is die verhaal van die Vorsters en hul erfplaas oor meer as twee dekades met die oorgang van apartheid na demokrasie. Inherent goeie mense, wie se sienings en vooroordele onvermydelik tot konflik en uiteindelike ondergang lei.
Die platorand van Mpumalanga met sy deinserige vergesigte, wuiwende grashalms, suisende denne, bosbrande en veediefstal is die agtergrond waarteen vals grondeise en 'n stryd om besitreg lei tot rassetwis en moord. Die patriarg Jaap Vorster kan hom nie versoen nie met die smaad die familie aangedoen deur sy seun Pieter, wat trou met Johanna Dlamini, dogter van die voorman. Gelok deur 'n bosbrand word Jaap vermoor deur die voorman se seun, 'n opgeleide kader. Pieter neem die bosbouboerdery oor en word onregverdig veroordeel vir die moord op sy vrou se ander broer. Voortvlugtig vir die gereg probeer Pieter sy vrou oortuig van sy onskuld.
Knaend op die spoor bly inspekteur Khumalo wat die skandvlek van die ontsnapping wil uitwis en eers in die Appelhof teenoor die voortvlugtige te staan kom. Die sittings van die Rondgaande Hof te Piet Retief en die Appelhof in Bloemfontein word met fyn insig uitgebeeld en die strydende regslui met 'n tikkie humor geskets.
Die aksievolle spanningsroman het as somber agtergrondmusiek die veelkantige onoplosbare grondkwessie.
We appreciate your business and are committed to providing you with exceptional service and timely delivery. Please review the shipping information below for your order.
Order Processing Time:
Orders are usually processed within 24-48 hours after the order has been placed.
Shipping Methods:
Standard Shipping (2-5 business days)
Packaging:
Rest assured that all items will be securely and safely packaged to prevent any damage during transit. Fragile or high-value parts will be packaged with additional protective materials.
Shipping Rates:
Shipping rates vary based on the size, weight, and destination of the package. You can view the estimated shipping costs for your order during the checkout process before placing your order.
Order Tracking:
Once your order has been shipped, you will receive an email with the tracking number and carrier information. You can also track your order status by logging into your account.