Jy mag dalk nooit weer rugby speel nie. Alles wat ek vir die grootste deel van my lewe gedoen het, het om rugby gewentel, so jy kan jou voorstel hoe geskok ek was om dit te hoor. Maar as jy gedink het dit was sleg - daar's meer. Die dokter het ook gese dat ek selfs kon sterf. Dit was die werklik verpletterende nuus! Vanaf die euforie - gekies vir die Springbokgroep om na die Wereldbeker te gaan - is ek nou deur die absoluut skrikwekkende nuus getref wat meer as genoeg was om die wind uit my seile te haal. Ek kon dit nie glo nie - net toe my loopbaan begin vlamvat het. Ek was die belangrikste driedrukker in die suksesvolle Super 14 span, het uitstekende vertonings gehad in die Drienasiesreeks en teen Engeland op Loftus, is gekies vir die Springbokgroep op pad na die Wereldbeker - en nou dit? Hierdie is die woorde van Pierre Spies, gekies as Springbok op die ouderdom van 21, net om 'n jaar later te hoor dat hy dalk nie weer rugby sal speel nie. In Meer as rugby vertel Pierre, een van die indrukwekkendste en mees eksplosiewe losvoorspelers wat Suid-Afrika al ooit opgelewer het, sy storie vir die eerste keer: sy familielewe, sy talle sportprestasies en sy geloof. Veel meer as net 'n sportbiografie, is dit die hartroerende persoonlike verhaal van die gewilde "Nr. 8" van Suid-Afrikaanse rugby met 'n voorwoord deur Victor Matfield en bydraes van Morne Steyn, Bryan Habana en Juan Smith.
We appreciate your business and are committed to providing you with exceptional service and timely delivery. Please review the shipping information below for your order.
Order Processing Time:
Orders are usually processed within 24-48 hours after the order has been placed.
Shipping Methods:
Standard Shipping (2-5 business days)
Packaging:
Rest assured that all items will be securely and safely packaged to prevent any damage during transit. Fragile or high-value parts will be packaged with additional protective materials.
Shipping Rates:
Shipping rates vary based on the size, weight, and destination of the package. You can view the estimated shipping costs for your order during the checkout process before placing your order.
Order Tracking:
Once your order has been shipped, you will receive an email with the tracking number and carrier information. You can also track your order status by logging into your account.